Ek + Jy – Nerine Ahlers/Alet Steenkamp (2013)

R40.88

Sagteband boek, naam en stamp voorin. Inhoud is mooi skoon en binding nog goed.

1 in stock

SKU: A239 Category: Tags: , ,

Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n M.A.-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné. Nerine Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks, asook die enkeltitel-tienerboeke Liefde is… en Ek+Jy. Selfone, skelms en sjokolade is in 27 met ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 211 palm dié gedugte duo nog ’n ATKV-Kinderboektoekenning in met Liefde is…

Alet Steenkamp woon in Pretoria saam met haar man Nic, haar seun, Adriaan, en dogter, Christine. Sy is ’n Afrikaansonderwyseres in die hoërskool, maar hou nie nou skool nie. Sy is mal oor donker sjokolade, tienerboeke lees, skryf en rock- en alternatiewe Afrikaanse musiek. Sy hou baie van diere en tuinmaak, en kyk graag goeie flieks. Nerine Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks, asook die enkeltitel-tienerboeke Liefde is… en Ek+Jy. Selfone, skelms en sjokolade is in 2007 met ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 2011 palm dié gedugte duo nog ’n ATKV-Kinderboektoekenning in met Liefde is…

Weight 0.2 kg